Vir die eerste keer in ‘n lang tyd het ek nie woorde om te beskryf hoe spesiaal ‘n foto sessie vir my was nie. Baie dankie Muller familie! Dit was regtig ‘n voorreg om julle beter te kon leer ken en te deel in hierdie kosbare herinneringe. Ek hoop hierdie fotos bring vir altyd net mooi herinneringe – nie net aan die dag nie, maar aan al die goeie jare op Herbertsdale.