Hierdie fotos sit ‘n groot, vet glimlag op my gesig. Nie net het ons baie gelag tydens die fotosessie nie, maar terwyl ek die fotos geredigeer het kon ek soms nie help om te glimlag nie. Ek vra soms my ‘modelle’ om hul oë toe te maak of om nie te glimlag vir ‘n foto nie – iets wat die baie spontane en altyd glimlaggende Suzette moeilik gevind het. Haar woorde aan Anthon in een van ons pogings om ‘n ernstige foto van die twee te neem “maar ek mag lag” was so gepas en sal my altyd by bly.
Suzette, ek het jou nog nooit mooier gesien as hierde dag in jou rooi rok met jou stralende glimlag nie. Mag hierdie kleinding baie skaterlag en min slapelose nagte vir julle bring, geniet elke kosbare oomblik van sy kleintyd!